Klein-Kariba vakansie Oord

Klein-Kariba Oorde

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe. Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

Klein Kariba

Klein Kariba Resort

ATKV Klein-Kariba – experience true hospitality at the gem of the Bushveld! Some 90 minutes from Johannesburg and an hour’s drive from Pretoria, lies the inviting ATKV Klein-Kariba resort in one of the Waterberg’s most beautiful kloofs.

ATKV Klein-Kariba oorde

Houthuise (20 eenhede)

Die 6-bedeenhede is losstaande selfsorgeenhede bestaande uit ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n kamer met twee enkelbeddens. Die houthuise by die dam het ’n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) in die woonvertrek. Die houthuise in die kloof het twee enkelslaapbanke in die woonvertrek. Daar is ook ’n badkamer en ’n oopplankombuis met ’n stoof met ’n oond. Hierdie eenhede is ten volle toegerus vir ses persone. Die houthuise by die dam (no. 1 – 10) se badkamers het ’n bad en die houthuise in die kloof (no. 11 – 20) het storte. Beide eenheidstipes het lugverkoeling.

Berghuise (33 eenhede)

(2-stergradering) Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens of ’n dubbelbed. Die oopplankombuis/woonvertrek het twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n bad of ’n stort. Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone. Die eenhede het lugverkoeling in die woonvertrek.

Berghuise (17 eenhede)

(3-stergradering) Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek het ’n dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n stort. Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone. Die eenhede het lugverkoeling in die woonvertrek en in die hoofslaapkamer.

A 5-bedwoonstelle (10 eenhede)

Die dupleks-5-bedeenhede se boonste verdieping beskik oor twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n enkelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) waarop ’n vyfde persoon kan slaap, is op die grondverdieping. Die eenhede het ’n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vyf persone. Hierdie woonstelle het nie lugverkoeling nie.

A 4-bedwoonstelle (8 eenhede)

Die 4-bedwoonstelle is geleë op die grondverdieping van 'n duplekswoonstelgebou. Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar). Die eenheid beskik oor 'n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het 'n stort. Een woonstel het 'n bad. Die grondverdiepingwoonstelle het 'n stoepie met 'n braaiplek. Die woonstel het nie lugverkoeling nie.

B 5-bedwoonstelle (18 eenhede)

Die dupleks-5-bedwoonstelle het 'n slaapkamer en badkamer met ʼn stort op die boonste verdieping, asook 'n oopplanslaapkamer waarin daar twee enkelbeddens is. Die oopplankombuis/woonvertrek is op die grondverdieping met onderskeidelik 'n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) of een enkelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar). Die eenheid is ten volle toegerus vir vyf persone en beskik oor 'n tweeplaatstofie/oondkombinasie. Elke woonstel het 'n stoepie met braaiplek en nie lugverkoeling nie.

B 4-bedwoonstelle (12 eenhede)

Die 4-bedwoonstelle is op die grond- of eerste verdieping van die duplekswoonstelgebou. Die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed het 'n en suite-badkamer met 'n stort. In die oopplankombuis/woonvertrek is 'n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) of twee enkelslaapbanke. Die eenheid beskik oor 'n tweeplaatstofie/oondkombinasie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die woonstel het nie 'n stoepie nie en die braaigeriewe word gedeel. Die woonstel het nie lugverkoeling nie. Twee van die eersteverdiepingwoonstelle het 'n bad.

C 4-bedwoonstelle (10 eenhede)

Die dupleks-4-bedeenhede se boonste verdieping het twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens. Twee van die 4-bedwoonstelle se hoofslaapkamers het ’n dubbelbed en die ander kamer het ’n stapelbed vir twee persone. Op die grondverdieping is ’n oopplankombuis/woonvertrek. Die eenhede beskik oor 'n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vier persone. Daar is lugverkoeling en elke eenheid het 'n stoepie met 'n braaiplek.

Tenthuise (20 eenhede)

Dié unieke eenhede skep 'n vrye kampgevoel, maar met die luuksheid van 'n ten volle toegeruste eenheid vir vier persone. Die safari-oopplantenthuise staan elkeen op 'n netjiese betonblad met een woon-/slaapvertrek met 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort en die aangeboude kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie/oondkombinasie. Die tenthuise het 'n verwarmer en televisie.

Vishoekhuise (10 eenhede)

Die losstaande eenhede bestaan uit een 4-bed-, een 6-bed- en agt 8-bedhuise. Die 8-bedselfsorghuise het drie slaapkamers. In die hoofslaapkamer is ’n dubbelbed met twee enkelbeddens in die tweede kamer. Die derde kamer het twee stapelbeddens vir vier persone. Drie van die 8-bedhuise se hoofslaapkamers is toegerus met ’n dubbelbed en die ander twee kamers met stapelbeddens vir onderskeidelik twee en vier persone. Die 6-bedhuise het twee slaapkamers. Die 4-bedhuise het ’n dubbelbed in die slaapkamer en twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) in die oopplankombuis/woonvertrek. Die kombuis het ’n stoof met ’n oond en die huise is ten volle toegerus vir onderskeidelik agt, ses en vier persone. Die Vishoekhuise se badkamers het storte en almal het lugverkoeling.

Kamers (11 eenhede)

Die kamers is langs die restaurant en ideaal vir oornaggaste wat hulle etes in die restaurant geniet. Die kamers het ’n dubbelbed en is toegerus met linne en handdoeke vir twee persone. Die en suite-badkamer het ’n stort. Die kamers beskik ook oor ’n klein yskassie, 'n ketel en koppies en glase. Die kamers het nie kook- of braaifasiliteite nie. Een van die kamers het ’n hoekbad in die badkamer.

Kampeerterrein (73 staanplekke)

Dié geplaveide 3-sterkampeerterrein beskik oor twee groot ablusieblokke met opwasgeriewe. Die staanplekke het elk `n eie braaifasiliteit en is binne stapafstand van al die ontspanningsfasiliteite by die oord.

Tekkiekamp/Jeugtente (9 eenhede)

Hierdie tenthuiskompleks bestaan uit onderskeidelik vier en vyf tente wat elk 12 persone kan huisves. Die kompleks het sy eie aparte ablusieblok. Beddegoed word verskaf vir die stapelbeddens. Daar is skottelgoedwasgeriewe en een braaidrom per tent. Besoekers moet hulle eie kombuisware, eetgerei en handdoeke saambring soos vir ’n kampvakansie.

Diamanté-suite (1 eenheid)

Dié losstaande eenheid bestaan uit ’n kamer met ’n dubbelbed en linne en handdoeke vir twee persone. Die en-suite badkamer het ’n bad en 'n stort. Die kombuis beskik oor ’n stoof met ’n oond en is ten volle toegerus vir twee persone. Die eenheid het ’n kuierarea met DStv, ’n braaiplek buite, ’n borrelbad en ’n buitelugstort. Die eenheid beskik oor lugverkoeling met onderdakparkering vir een voertuig. Besoekers kan vra vir volle spyseniering in die gerief van die eenheid. * Alle slaapbanke is geskik vir jongmense tot 18 jaar oud.

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

ATKV Klein Kariba Resort

Guests of ATKV Klein-Kariba may choose from a range of accommodation options, including apartments, mountain cabins, log cabins, tent houses, rooms, a youth hostel as well as caravan and camping facilities. Our resort boasts 177 self-catering units. Apart from swimming towels, dishcloths and cleaning supplies, all units are fully equipped. All units have limited DStv as well as braai facilities and parking.

Log cabins

(20 units) These 6-bed self-catering units are detached and comprise a main bedroom with a double bed and a room with two single beds. The log cabins on the dam have a double sleeper couch* for two in the lounge. The log cabins in the ravine have two single sleeper couches in the lounge. The bathrooms of the log cabins on the dam (no 1–10) have baths and the bathrooms of the log cabins in the ravine (no 11–20) have showers. The open-plan kitchen has a stove with oven. The units are fully equipped for six people. All units have air conditioning.

Mountain cabins

(2 star – 33 units) These 6-bed self-catering units are detached and comprise two separate bedrooms. The main bedroom has a double bed and the other room has a double bed or two single beds. The open-plan kitchen/lounge has two single sleeper couches and the bathroom has a bath or shower. The units have either a two-plate stove or mini-stove and oven combination, and are fully equipped for six people. The units have air conditioning in the lounge.

Mountain cabins

(3 star – 17 units) These 6-bed self-catering units are detached and comprise two separate bedrooms. The main bedroom has a double bed and the other room has two single beds. The open-plan kitchen/lounge has a double sleeper couch or two single sleeper couches and the bathroom has a bath or shower. The units have either a two-plate stove or mini-stove and oven combination, and are fully equipped for six people. The units have air conditioning in the lounge and main bedroom.

A 5-bed flat

(10 units) These 5-bed duplex units have two private bedrooms and a bathroom with a shower. The main bedroom has a double bed and the other room has two single beds. Downstairs is an open-plan kitchen/lounge with a single sleeper couch. The units have a two-plate stove and are fully equipped for five people. The units do not have air conditioning.

A 4-bed flat

(8 units) These 4-bed flats are on the ground floor of a block of duplex flats. There is a double bed in the bedroom and two single sleeper couches (suitable for up to 18-year-olds) in the open-plan kitchen/lounge. It has a two-plate stove and is fully equipped for four people. The bathroom has a shower. (Only one flat is equipped with a bath.) The ground floor units have a veranda with braai facility. The units do not have air conditioning.

B 5-bed flat

(18 units) These 5-bed duplex flats have a bedroom with a double bed, as well as an open-plan bedroom with two single beds. The bathroom has a shower. The open-plan kitchen/lounge is on the ground floor and is equipped with either a double sleeper couch or two single sleeper coaches. The units have a two-plate stove/oven combination and are fully equipped for five people. All units have a veranda with braai facility. The units do not have air conditioning.

B 4-bed flat

(12 units) These 4-bed flats are on the ground floor or the first floor of a block of duplex flats. The main bedroom with a double bed has an en-suite bathroom with a shower. In the open-plan kitchen/lounge area is a double sleeper couch or two single sleeper couches (suitable for up to 18-year-olds). The unit has a two-plate stove/oven combination and is fully equipped for four people. The units on the ground and first floors do not have a veranda and braai facilities are shared with the next two flats. Two flats on the first floor are equipped with a bath.

C 4-bed flat

(10 units) These 4-bed duplex units have two private bedrooms and a bathroom with a shower. The main bedroom has a double bed and the other room has either two single beds or a bunker bed. Downstairs is an open-plan kitchen/lounge with a two-plate stove. The units are fully equipped for four people. Each unit has a veranda with braai facility. The units have air conditioning.

Tent houses

(20 units) These unique units offer you the experience of a camping atmosphere, but with the luxury of a fully equipped unit for four people. The open-plan safari tent house is built on a concrete slab and comprises one living/sleep area with a double bed and a bunk bed. The built-on bathroom has a shower, and the kitchenette is equipped with a two-plate stove/oven combination. All the units are equipped with a heater and television. The units do not have air conditioning.

Vishoek houses

(10 units) These detached self-catering units comprise one 4-bed, one 6-bed and eight 8-bed units. The 8-bed units have three separate bedrooms. The main bedroom has a double bed and the other two rooms have either two single beds or bunker beds. The 6-bed unit has two separate bedrooms. The 4-bed unit has a double bed in the bedroom and two single sleeper couches in the open-plan kitchen/lounge. The bathroom has a shower. All kitchens have a stove with oven, and the units are fully equipped for four, six or eight people. The units have air conditioning.

Rooms

(11 units) These rooms are situated directly next to the restaurant and are ideal for overnight guests who want to take their meals in the restaurant. The rooms have a double bed and are equipped with linen and towels for two people. The en-suite bathroom has a shower. (Only one room is equipped with a bath.) Each room also has a small fridge, kettle, cups and glasses. The units do not have cooking or braai facilities.

Camping area

(73 stands) The 3-star paved camping area has two big ablution blocks with dishwashing areas. Ample hot water, well-kept ablutions, shady trees and power points at all stands make for an unforgettable camping experience. Each stand has its own braai facility and all the recreational activities are within walking distance.

Tekkie camp/Youth tents

(9 units) This tent house complex has one group of four and one group of five tents and each group can accommodate 12 people. The complex has its own separate ablution and washing-up facilities. Linen for the bunker beds is provided, but guests must bring their own crockery, cutlery and towels. Each tent has its own braai facilities.

Diamant suite

(1 unit) This detached 2-sleeper unit has a room with a double bed and is equipped with linen and towels. The en-suite bathroom has a bath and a shower. The kitchen has a stove with oven and is fully equipped for two people. The unit has an entertainment area with DStv, an outside braai facility, jacuzzi and an outdoor shower. The unit has air conditioning. There is a covered parking area for one vehicle. Additionally, you can request full catering in the comfort of the unit. *All sleeper couches are suitable for young people up to 18 years old.

Tariffs

For a more complete description of the accommodation options and rates, please click on the Tariffs tab below.

Map

Buffelspoort
Drakensville
Eiland Spa
Goudini Spa
Hartenbos
Klein Kariba
Natalia
Top