Skip to the content

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens, warmwaterglyplank ,tennis- en vlugbalbane, asook 'n speletjieskamer en staproetes in die natuurskoon.

Ons oord beskik oor uitstaande konferensielokale wat tot 800 konferensiegangers kan huisves met nege verskillende konferensie lokale om van te kies. Dit is ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord, asook ‘n wassery, OTM en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes.

Perfek vir gesinsvakansies.

 

Promosies

Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar. 

Aanlyngeskenkbewyse

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?
Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.

 

COVID-19 Suid-Afrika

Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.

Akkommodasie

ATKV-Goudini Spa het ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke sak en smaak. Elke eenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DStv.

Badsberg-eenhede

Badsberg-eenhede

5 & 6 Slaper Eenhede

Slanghoek villa

Slanghoek-villas

6 Slaper Eenhede

Rondawels

Rondawels

4-6 Slaper Eenhede

50-PLUSSERS!

Bosveld op sy beste!

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.