Skip to the content
Dubbel klik vir vol skerm

CAMPVIEW

Oorweeg jy dit om ATKV-Klein Kariba te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker.

ATKV-Klein-Kariba Berghuise

Hierdie ses-bed-selfsorgeenhede is losstaande en bestaan uit twee aparte badkamers, ’n oopplankombuis en –leefarea, sowel as ’n badkamer met ’n bad of ’n stort. Die tweestereenhede het lugversorging in die leefarea, en die driestereenhede het lugversorging in beide die leefarea en slaapkamer.

ATKV-Klein-Kariba Kristalkamer

Hierdie semi-oopplankamer is ideaal vir twee mense of ’n paartjie. Die kamer beskik oor ’n koninggroottebed en ’n en-suite-badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n ten volle toegeruste kombuis. Buite is ’n semi-privaatstoep vanwaar jy die prag van die bosveld kan geniet.

ATKV-Klein-Kariba Vishoek 4

Hierdie semi-oopplankamer is ideaal vir twee mense of ’n paartjie. Die kamer beskik oor ’n koninggroottebed en ’n en-suite-badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n ten volle toegeruste kombuis. Buite is ’n semi-privaatstoep vanwaar jy die prag van die bosveld kan geniet.

ATKV-Klein-Kariba Diamont Suite

Dié losstaande 2-bedeenheid beskik oor ʼn kamer met ʼn dubbelbed en linne en handdoeke vir twee persone. Die en suite-badkamer het ʼn bad en stort. Die kombuis het ʼn stoof met ʼn oond en is ten volle toegerus vir twee persone. Die diamantsuite het ʼn kuierarea met DStv, ʼn buitebraai en borrelbad asook ʼn buitelugstort. Die eenheid beskik oor lugversorging en daar is ʼn onderdakparkeerplek vir een voertuig. Volle spyseniering in die gerief van die eenheid kan teen addisionele koste aangevra word.

ATKV-Klein-Kariba Kapel

Kom hou bruilof-ini-bos. Die klipkapel kan ‘n maksimum 140 gaste akkommodeer.

ATKV-Klein-Kariba C Woonstel

Die dupleks-4-bedeenhede se boonste verdieping het twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n tweeplaatstofie is op die grondverdieping. Die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone en elkeen het lugversorging. Elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.

ATKV-Klein-Kariba Houthuis 15

Die 6-bedeenhede is losstaande selfsorgeenhede bestaande uit ʼn hoofslaapkamer met ʼn dubbelbed en ʼn kamer met twee enkelbeddens. Die houthuise by die dam het ʼn dubbelslaapbank vir twee in die woonvertrek en is geskik vir persone tot 18 jaar. Die houthuise in die kloof het twee enkelslaapbanke in die woonvertrek met ʼn badkamer, oopplankombuis en stoof met ʼn oond. Hierdie eenhede is ten volle toegerus vir ses persone. Die houthuise by die dam (no. 1 - 10) se badkamers het ʼn bad en die houthuise in die kloof (no. 11 - 20) het storte. Albei eenheidstipes het lugversorging.

ATKV-Klein-Kariba Houthuis 9

ATKV-Klein-Kariba Berghuis 22

Losstaande selfsorgeenhede geskik vir ses persone met ’n oopplankombuis en leefarea ten volle toegerus vir ses persone, lugreëling en badkamer. Beskikbaar in 2-ster, 3-ster en 4-ster

ATKV-Klein-Kariba Ontvangs

Van die oomblik wat gaste by   Klein-Kariba arriveer, sal ware bosveld-gasvryheid ervaar word . Die ontvangsarea bevat 'n magdom inligting oor die besienswaardighede wat aan gaste gebied word.