Skip to the content

ATKV-Klein-Kariba bied vanjaar vir die eerste keer die Afrikitifees op Saterdag 11 November aan. “Jou taal- en kultuurfees” vir oud en jonk. Kos is op die tafel met ATKV se gewilde Koswerf. Verskeie stalletjies beskikbaar op die dag met vermaak uit die boonste rakke wat toneelstukke en gaskunstenaars soos Brendan Peyper, Liezel Pieters en Nadine insluit.

Bespreek jou akkommodasie om die beste te maak van hierdie geleentheid.

Beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar vir Dagbesoekers. Vooraf besprekings noodsaaklik.