WELKOM BY ATKV-KLEIN-KARIBA

Die juweel van die bosveld

Kennisgewing Fibre-Projek

Ons FIBRE-installasieprojek begin eersdaags by ATKV-Klein-Kariba.

Aangesien die infrastruktuur ondergronds geïnstalleer word, kan gaste tydens die projek deurlopend graafwerk en herstelwerk in verskillende areas van die oord opmerk. Sekere areas kan ook tydelik beperkte toegang hê.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief en waardeer opreg u geduld en begrip terwyl ons werk aan verbeterde konnektiwiteit by Klein-Kariba.

Voltooiingsdatum sal nog bevestig word.

Net buite Bela-Bela, slegs 90 minute vanaf Johannesburg en ’n uur vanaf Pretoria, bied ATKV-Klein-Kariba ’n ware bosveldontsnapping in die hartjie van die Waterberg, versteek in ’n kloof. Dis ’n plek waar natuur, gerief en verbinding saamsmelt. Met ’n reeks verblyfopsies, insluitend kampterreine, en die Avontuursentrum, is dit die ideale plek vir ontspanning, konferensies, skoolkampe, troues en spesiale geleenthede.

Akkommodasie

ATKV-Klein-Kariba bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies en volledig toegeruste kampeerterreine, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Fasiliteite

Die oord beskik oor ’n restaurant, wegneemetes, winkel en ’n OTM op die perseel vir jou gerief. 

Vermaak

Gaste kan onder meer twee warm swembaddens, ’n koue swembad, perderitte, staproetes en visvang geniet. Daar is ook vierwielaangedrewe motorfietsritte en ’n glykabelroete vir die avontuurlustiges.