Skip to the content

A 5-Bedwoonstel met toe stoep

Die dupleks-vyfbedeenhede se boonste verdieping het twee slaapkamers en ʼn badkamer met ʼn stort. Die hoofslaapkamer het ʼn dubbelbed en die ander kamer twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek het ʼn tweeplaatstofie en ʼn enkelslaapbank wat geskik is vir persone tot 13 jaar is op die grondverdieping. Die eenhede is ten volle toegerus vir vyf persone en het nie lugversorging nie. Die eenheid is toegerus met ʼn ingeboude braai en stoep met dak.

A 4-Bed Woonstel (Bad)

Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ʼn tweeplaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn bad. Die eenhede het nie lugversorging nie.

A 4-Bed Woonstel (Stort)

Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ʼn tweeplaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenhede het nie lugversorging nie.

A 4-Bed Woonstel met toe stoep

Die vierbedwoonstelle is op die grondverdieping van die duplekswoonstelgebou. Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ʼn tweeplaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenheid het ʼn stoep met dak oor, plus ʼn ingeboude braai. Die eenhede het nie lugversorging nie.

A 4-Bed Woonstel (Eerste Vloer)

Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ʼn tweeplaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenhede het onder ʼn privaat braai-area op ʼn stoep met ʼn dak. Die eenhede het nie lugversorging nie.

B 5-Bed Woonstel

Die dupleks-vyfbedwoonstelle het ʼn slaapkamer met ’n dubbelbed en badkamer met ʼn stort op die boonste verdieping, asook ʼn oopplanslaapkamer met twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek is op die grondverdieping met ʼn dubbelslaapbank of een enkelslaapbank, albei geskik vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oond-kombinasie en die eenhede is ten volle toegerus vir vyf persone. Elke eenheid het ʼn stoepie met ʼn braaiplek. Die eenhede het nie lugversorging nie.

B 4-Bedwoonstel

Die vierbedwoonstelle is op die grond- of eerste verdieping van die duplekswoonstelgebou. Die hoofslaapkamer het ʼn dubbelbed het ʼn en suite-badkamer met ʼn stort. Twee van die eersteverdiepingwoonstelle het ʼn bad in die badkamer. In die oopplankombuis/woonvertrek, is ʼn dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke, almal geskik vir persone tot 13 jaar. Die kombuis het ʼn tweeplaatstofie of ministoof-en-oond-kombinasie, en die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone. Daar is nie ʼn stoepie nie en die braaigeriewe word gedeel tussen die twee woonstelle op die grond- en eerste verdieping. Die eenhede het nie lugversorging nie.

C 4-Bedwoonstel

Die dupleks-vierbedeenhede se boonste verdieping het twee private slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek op die grondverdieping het ’n tweeplaatstofie is. Die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone en elkeen het lugversorging. Elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.

C 4-Bedhoekwoonstelle

Die dupleks-vierbedeenhede se boonste verdieping het twee private slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het stapelbedjies. Die oopplankombuis/woonvertrek op die grondverdieping het ’n tweeplaatstofie is. Die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone en elkeen het lugversorging. Elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.

Diamant-Suite ATKV Klein-Kariba

Diamant-Suite

2-Slaper Eehede

Log Cabins ATKV Klein-Kariba

Houthuise

6-Slaper Eehede

Tent houses ATKV Klein-Kariba

Tenthuise

4-Slaper Eehede

Vishoek Houses ATKV Klein-Kariba

Vishoekhuisies

4, 6 en 8-Slaper Eehede

Flats ATKV Klein-Kariba

Woonstelle

4 en 5-Slaper Eehede

Mountain cabins ATKV Klein-Kariba

Berghuise

3 ster 6 bed-selfsorgeenhede

Kristalkamer ATKV Klein-Kariba

Kristalkamer

2-Slaper Eehede

Rooms ATKV Klein-Kariba

Kamers

2-Slaper Eehede

Karavaan-en-Kampeerterrein

Woonwa-en Kampeerterrein